Quantcast
Viewing all articles
Browse latest Browse all 4

KSK bevestig sy Bestaansdoel

Sedert sy ontstaan is KSK dié Finansiële Instelling in ons gemeenskap.

Een van die hoof doelstellings is om dit vir volksgenote moontlik te maak om hulself en hul gesinne op Kleinfontein te vestig deur lenings toe te staan vir die koop en/of oprig van eiendom.

Vanselfsprekend benodig KSK beleggings om dit moontlik te maak om lenings te verskaf vir hierdie doel. Oor die afgelope 10½ jaar het KSK ’n totaal van ongeveer R22 miljoen se rente aan beleggers betaal en meer as R40 miljoen se lenings toegestaan met ’n sekuriteitswaarde van R58 miljoen.

KSK bevestig hiermee weereens sy bestaansdoel en nooi ons lede uit om u Instelling te ondersteun.
Graag versoek ons u ook om belangstellendes wat die doelstellings van KSK en ons Kleinfontein
gemeenskap ondersteun om lid te word van KSK en fondse te belê. Hierdeur dra elkeen by tot die
ontwikkeling en groei van ons gemeenskap.

Graag bedank KSK sy lede en beleggers vir hul volgehoue ondersteuning. KSK het sy rentekoerse meer gunstig gestruktureer vir alle nuwe en herbeleggings om te verseker KSK bly u sleutel tot welverdiende groei.

Wat is ons Doelstelling:

Om die ekonomiese welvaart van sy lede te bevorder en veral om:

• fondse van sy lede te ontvang deur die uitreiking van aandele, die aanvaarding van toelatingsgeld en die aanvaarding van deposito’s;

• die spaarsin van sy lede te bevorder deur voorsiening te maak vir spaarrekeninge waarop ‘n redelike rente betaal word;

• Lenings aan lede te maak vir voorsienende en produktiewe doeleindes;

• Die belangstelling van lede in die ontwikkeling van die gemeenskap as geheel aan te moedig;

• Enige ander taak te onderneem wat bevorderlik is vir die bereiking van die bogenoemde doelstellings.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 4

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!